HomeDie FeesProgramInligtingBorge

Agrimark Nartjiefees

30 September 2017

Die ongeveer 180 lidmate van die Nederduits Gereformeerde gemeente van Loerie is baie trots op hul jaarlikse Nartjiefees as fondsinsamelingsprojek vir dié klein gemeente. 2017 sal ons ses en twintigste fees wees en die fees groei nog elke jaar.

   

Die hoofproduk van die fees is Nartjies, maar daar is ook 'n groot verskeidenheid groente en kos beskikbaar. Die kunstenaars wat die hele dag optree, sorg vir die unieke gees wat op die terrein heers. Die Nartjie-eet kompetisie sorg ook elke jaar vir groot opwinding.

Die gemeente is in 'n vrugbare vallei, wat opsigself 'n besienswaardigheid is, gelee met onder andere, 'n voëlpark en die Loeriedam. Dit is grootliks 'n boerderygemeenskap en die pragtige groente en vrugte wat tydens die fees te koop sal wees, het geen bekendstelling nodig nie.

Sitrus (hoofsaaklik nartjies en lemoene) word op groot skaal verbou - vandaar die Nartjiefees! Groente word ook op groot skaal geproduseer. Dit is ook die begin van die Baviaanskloof Natuurreservaat wat nou as 'n Wêrelderfenisgebied verklaar is. Besoek gerus ook Gamtoos Toerisme se webblad vir meer oor die vallei, asook Baviaanskloof.

 


[Home][Die Fees][Program][Inligting][Borge]

Copyright (c) 2010 NG Kerk Loerie. All rights reserved.

nartjiefees@lantic.net